Welkom
Woon jy dalk in of naby Bloemhof en is opsoek na ‘n kerk? Ons is ‘n geestelike familie wat streef daarna om God lief te hê en ons medemens.
Kom sluit by ons aan vir aanbidding, gemeenskap en groei.

Visie:
Om elke persoon in ons gemeenskap te raak met die Goeie Nuus van Christus, sodat hulle kan transformeer in dissipels wat Hom volg.
Missie:
Ons is doelbewus in die maak van dissipels wat uitgaan om God se koninkryk te bevorder.
Waardes:
B – Bybelse Beginsels
L – Liefde vir God en mense
O – Opbouende Geloof
E – Evangelies gedrewe
M – Maak van Dissipels
H – Helpende Hande
O – Onvoorwaardelike offers
F – Familie Kerk
Weeklikse Program:
Sondae:
09h00 Kinderbediening
09h30 Erediens
17h00 Dissipelskap Klasse
Woensdae:
18h00 Midweek Versterking

Opkomende Gebeure
Mei
31
Werkersdag:
God het vir ons van ‘n kerkgebou voorsien, daarom moet ons daarna omsien. Op die dag gaan ons herstelwerk, verbeteringe en die skoonmaak van die perseel doen. Na die tyd beloof dit dat ons lekker saam gaan kuier as ‘n geestelike familie.
Tyd: 08:30
Junie
01
Nagmaaldiens:
Ons vier die prys wat Christus vir ons betaal het deur saam nagmaal te gebruik.
Tyd: 09:30
Junie
08
Pinkster Sondag:
Jesus het belowe dat die Vader vir ons die Trooster sal stuur. Hierdie diens wil jy nie mis nie!
Tyd: 09:30
Junie
28
Gebou se Inwyding:
Die amptelike inwyding van ons pragtige kerkgebou vind plaas onder leiding van Pastoor Corne du Plessis. Kom wees deel van hierdie geskeidkundige gebeurtenis en vier saam met ons die goedheid en guns van die Here!
Tyd: TBC

Geestelike groei is ‘n lewenslange reis wat ons geloof versterk en ons toerus om God se missie hier op aarde uit te voer. Ons wil dissipels wees wat dissipels maak! Om meer te weet oor hoe ons dit regkry, druk op die knoppie hieronder.
Bloemhof Kerk
Bloemhof Kerk