Vorentoe in Christus
Ons is doelbewus in die maak van dissipels, want dit is wat Christus van ons verwag!
Vorentoe in Christus is ons dissipelskap reeks wat uit opeenvolgende kursusse bestaan. Dit help gelowiges om toegerus en geaktiveer te word in die werk van die Here.
Die opdrag van Christus:
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. – Mattheus 28:19-20

BETREK
Leer God ken en word deel van Sy familie
Ontdek Bybelse beginsels en fundamentele waarhede van ons geloof soos die Skeppingsverhaal, sondeval, hoekom Jesus gekom het, die doop en die Kerk.

Bou
Word meer soos Jesus in karakter en leefwyse
Word opgebou met praktiese Bybelse leringe soos dissipelskap, heiligmaking, Bybelstudie en gebed, die Heilige Gees en geestelike oorlogvoering.

Bemagtig
Word toegerus om die missie van God uit te voer
Word bemagtig om jou unieke rol in God se koninkryk uit te voer in jou onmiddelike omgewing. Die fokus is op die werking van die Heilige Gees in die lewe van ‘n gelowige, die verskillende bedieninge en hoe om jou roeping uit te leef.
Wat om te verwag?
Maak nie saak of jy onlangs tot bekering gekom het of jare lank die Here dien nie, hierdie dissipelskap reeks is vir jou! Die hoofdoel is dat God jou transformeer vanaf ‘n bywoner in ‘n bedienaar wat deelneem aan Sy werk. Elke sessie is opgestel om jou die geleentheid te gee om te leer, groei en toegerus te word.
Die aanbiedinge vind op Sondae om 17:00 plaas by die kerk. Kom sluit aan en word deel van hierdie dissipelskap reis! Registreer deur die vorm hieronder in te vul: