Die Ontstaansjare:

In die laat 90’s en vroeë 2000’s is daar af en toe kerkdienste gehou op ‘n boer se plaas tussen Bloemhof en Hertzogville. Erkende predikers soos pastoor Tommie Jooste en Michiel Erasmus het graag die Woord kom bedien.

Onder die leiding van pastore Naldo Ferreira en Gert Olivier, plant die Lede in Christus Kerk amptelik ‘n gemeente in Bloemhof in 2016. Pastoor Olivier het die plaaslike SAPS genader om hulle kantien te omskep in ‘n aanbiddingsplek. Met hulle toestemming is die gemeente gestig en die Naam van die Here groot gemaak. ‘n Kroeg was letterlik in ‘n kerk verander!

In 2019 word pastoor Stephen en Claudine Kaalsen verplaas om die gemeente te lei. Weens persoonlike verpligtinge kon hulle nooit Bloemhof toe verhuis nie en het hulle elke naweek deur gery vanaf Klerksdorp. Tenspyte van die 150 km afstand tussen hulle en die gemeente behaal hul groot sukses! Vele projekte word geloots onder andere die verbetering van die kerk se inhoud.

In September 2022 word pastoor Joubert en Elmie van der Linde aangestel om die gemeente te lei. Soortgelyk aan die Kaalsens, was hulle ook in Klerksdorp gevestig en het oor naweke deur gery, maar hulle het amptelik Bloemhof te verhuis die einde van die volgende jaar.

Intussen het die gemeente van perseel verander en geskuif na die Afrikaanse Protestante Kerk (APK) se kerkgebou in Suidstraat. Die Here het wonderbaarlik voorsien met finansies wat dit moontlik gemaak het om die fasiliteit aan te koop.

Pastoor Joubert is tans nog in die boubedryf besig met projekte in die Schweizer-Reneke omgewing, terwyl Elmie ‘n gekwalifiseerde naeltegnikus is. Joubert is lief vir die Bybel en hou graag daarvan om vir mense te bid. Sy gunstelling gesegde is, “dis ‘n voorreg om iets vir die Here te doen, omdat Hy so baie vir ons gedoen het!”

Bloemhof
Pastoor Joubert, Elmie en Marlé

Ons is doelbewus in die maak van dissipels, want dit is wat Christus van ons verwag! Geestelike groei is ‘n lewenslange reis wat ons geloof versterk en ons toerus om God se missie hier op aarde uit te voer. Ons wil dissipels wees wat dissipels maak. Om meer te weet oor hoe ons dit regkry, druk op die knoppie hieronder.